Skip to content
Kuns / Art

Kuns / Art

  • Tuis
  • Biografie
  • Kunswerke
  • Kontak
  • Beleide

My Kuns Visie

Elke kunstenaar het sy eie unieke visie wat gevorm is vanaf die jongste dae – dit wat waargeneem kon word in die direkte omgewing en dit waaroor gedroom word! Wat die belangstelling prikkel en waaroor daar gepraat word. Konflik en ontknoping gee aanleiding tot deurbrake sodat nuwe grense oorgesteek kan word – nuwe oplossings gevind kan word! Avant garde in idees al is dit in tradisionele mediums uitgebeeld.  

Nuwe idees word in verskeidenheid mediums mee geëksperimenteer en vloei oor in die ontwikkeling van ‘n ander medium se tegnieke / effekte. Daar is ‘n voordurende strewe na ontdekking en ontwikkeling, want dit is wat die reis opwindend maak. Om nie vas te haak by die eerste en beste oplossing nie maar alternatiewe te vind sodat daar uiteindelik bepaal kan word wat die mees effektiefste vorm is om die boodskap oor te dra.

Kuns is dus vir my ‘n vorm van kommunikasie. Soms net om te sê hoe ongelooflik fassinerend die patroon/tekstuur/voorwerp is maar ander kere is dit ‘n manier om oor te dra hoe ek voel oor ‘n saak. Met Post-Modernism het interkontekstualiteit gekom en dus is daar ook ruimte in my kunswerke vir die aanskouer om self daarin te lees wat hy/sy daarin waarneem.

Soms is ‘n kunswerk bloot ‘n uitvloeisel van “ek hou daarvan” en nie enige groot argument nie. Hierdie asem skep oomblik gee weer energie vir die volgende skeppingsproses wat miskien wel die groter kwessies in ons samelewing aanpak, want ons praat mos nie net altyd oor die groot kwessies nie! Nee, soms gesels ons net lekker op ‘n ligter trant – en dit is ook waar van kuns!

Geniet die kuns geselsie!

  • Copyright © CR Kuns. All rights reserved by the artist.
  • Kunswerke
  • Beleide
  • Biografie
  • Kontak
  • My Kuns Visie
  • Nuwe Kunswerke
WordPress Theme: Arison Lite made by PanKogut